Beeldskoon liefde
Die perfekte kurwe vorm na 'n lang lyf met verstellende emosies. Soos jy met enkele emosies peter, sal jy 'n harmonie van klank uit die holte van haar mond hoor - haar lippe ingekleur soos die blomme van 'n woestyn. Elke noot wat sy vertoon, verdwoof die onbekende stilte. Haar liggaam straal van die blasbruinvel al rondom , blink van die verfyning. Die uitrusting se elke aspek verskil met enige ander, maar net sy het die volledige kleur, uitlyn, skakering en die prag van die kompleksie van 'n kunswerk. As jy met haar 'n lewensverhouding wil behou, hanteer haar met liefde en respek en die beste sorging wat jy haar kan gee.
"Liefde kom net eens in 'n leeftyd, die liefde wat hou vir altyd" is niemand anders as my eerste kitaar.
_Marlene Mostert_